/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
07 June 2019

Thabazimbi – Op Vrydag 31 Mei is twintig nuwe mammas met pasgebore babas bederf met hospitaalpakkies gevul met als wat ‘n nuwe mamma en baba nodig het vir die eerste paar dae.


Die Thabazimbi Provinsiale hospitaal wil van die geleentheid gebruik maak om hulle dank uit te spreek teenoor Klankgrens Gehoor Sentrum vir die wonderlike verrassing.


Klankgrens wil graag voortgaan met die projek en vra vir enige skenkings of tweedehandse klere en produkte soos mussies, kousies, frokkies, babygrows van newborn of nul tot drie maande, baba kombersies, doeke, boudjiesalf, babaseep, babaroom, waslappies, breastpads, maternity pads, wet wipes – en ‘n speelding is ook welkom! Daar sal ‘n mandjie by Bibs and Babes in Medhof Apteek wees as u enige produkte wil skenk.


Indien u betrokke wil raak, skakel eienaar van Klankgrens Driansu van der Nest by 082 319 3537.

Van links: Baba Katlego Moatse (3 dae oud), Mapula Moatse, een van die mammas wat ‘n bederf pakkie ontvang het, en eienaar van Klankgrens Gehoor Sentrum Driansu van der Nest.
Van links: eienaar van Klankgrens Gehoor Sentrum Driansu van der Nest, een-dag oue baba Luseko  Mvuko, en mamma Bongeka Mvuko – opgewonde oor die bederfpakkies.
Van links: Dabia Mahapa en haar baba van een dag oud, Bokamoso Chantel Mahapa saam met eienaar van Klankgrens Gehoor Sentrum Driansu van der Nest.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0