Articles
Sport & School News
30 August 2019

Thabazimbi – Die Thabazimbi Parkrun is ‘n weeklikse beplande 5km stap of draf roete. Parkrun is ‘n nasionale organisasie met verskeie roetes regoor Suid-Afrika.

Discovery Vitality lede van 18 jaar en ouer kan 300 punte bymekaarmaak vir hul deelname. Thabazimbi is ook op die lys van weeklikse roetes. Deelnemers kan Saterdae oggende by Pondok buite Thabazimbi bymekaarkom en die Parkrun begin stiptelik om 07:00.

Dit is gratis om deel te neem, maar aanlyn registrasies is noodsaaklik. Die Parkrun is ‘n internasionale organisasie, so as jy in Suid Afrika geregistreer is, kan jy met jou eie strepieskode in enige ander land deelneem en jou resultate kry.

Gaan registreer nou op https://www.parkrun.co.za, bring jou strepieskode en jou gesin en kom stap of draf saam.

 

Share this article with a friend...