Articles
Sport & School News
30 August 2019

NEOS SE PROVINSIALE SKUTS
Tydens die provinsiale proewe vir luggeweer skyfskiet te Tzaneen, op 17 Augustus, het vier skuts van NEOS Christian School provinsiale kleure verwerf.  


Op die foto van links: Janssen du Plessis o/16, Botha du Plessis, en jonger sus Gretchen du Plessis o/14, al drie vir sporter afdeling gekwalifiseer, en vir die pistool afdeling het Hennie le Roux o/14 gekwalifiseer. 


Botha is ook as beste algehele sporter skut aangewys. Die skuts gaan vanaf 22 tot 26 September aan die SA luggeweer kampioenskappe deelneem. 

GROEN EN GOUD VIR BOTHA
Botha du Plessis, ‘n graad 9 leerling van NEOS Christian School het Suid Afrikaanse Nasionale Skoolskutters Unie (SANSSU)  kleure verwerf in luggeweer skyfskiet.

Hy het SA verteenwoordig in die onlangse Britse Junior Internasionale Kampioenskappe in Bisley, Engeland, vanaf 31 Julie tot 13 Augustus.

Share this article with a friend...