/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
27 September 2019

Thabazimbi – Medhof Apteek nooi die gemeenskap uit na ‘n dag vol pret op Saterdag 28 September vanaf 08:00 tot 13:00 by hulle parkeerarea.


Diereliefhebbers kan gereed maak vir lekker musiek en heerlike boereworsrolletjies. Die jongspan kan uitsien na ‘n nar, gesiggies verf en inkleur. Daar sal ‘n verskeidenheid speletjies wees en natuurlik die pin the tail on the doggy om hul besig te hou.


Bring jou hond saam en teen R20 per inskrywing kan jou brakkie ‘n kans staan om R500 te wen vir die mooiste hond of dalk R500 vir die “lelikste” hond. Die kompetisie begin om 11:00.


Daar is tans ‘n groot tekort aan hondekos by Thabazimbi Animal Rescue (TAR). TAR het nog net ‘n week se kos oor. Hierdie projek van Medhof Apteek is geloods om geld, kos, komberse en diere-speelgoed in te vorder vir TAR. 


Medhof het ‘n houer vir kontant donasies asook ‘n hondehok vir enige honde- of katkos skenkings. 
Van 1 tot 28 September kan jy ‘n kans staan om groot pryse te wen en ‘n verskil te maak.


HOE WERK DIE KOMPETISIE? 


Vir elke R50 wat jy by Medhof Apteek spandeer, kry jy een “pootjie” gemerk op ‘n kaartjie. Vyf pootjies en ‘n sak honde- of katkos gee vir jou een inskrywing vir die kompetisie. Hoe meer inskrywings – hoe groter is jou kans om te wen!


Die trekking vind plaas op 28 September by Medhof Apteek.


Die volgende pryse kan gewen word:

  • Sewe dae se verblyf by Uvongo strand.
  • Oornag geskenkbewys van Maroela Gastehuis.
  • Twee ete-geskenkbewyse ter waarde van R200 by Pondok.
  • ‘n Naweek wegbreek ter waarde van R2,000 by Rra Ditau Lodge – aandete en ontbyt ingesluit.
  • ‘n Aandete-geskenkbewys by Golden Flamingo.

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0