/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
08 November 2019

SA vs Engeland
Die Bokke verras vriend en vyand met briljante ruggas en klop Engeland 32-12 in die finaal en word gekroon as die 2019 wêreld kampioene! Dit is die derde keer dat SA dié prestasie kon vermag. Slegs die All Blacks kon dit al regkry!


Rassie Erasmus het meesterlik met ‘n ander wedstryd benadering die Bokke na die veld gebring en die Engelse het nie geweet wat hulle tref nie!


Tot op datum was dit die beste vertoning deur ‘n Bokspan. Die agttal was iets ysliks en het die Rose laat verlep in die vaste fasette. Dan was die verdediging dodelik en het die Engelse se aanvalle met gemak afgeweer. 


Nie eers 25 fases in die eerste helfte kon ‘n swak plek vind in die Bokke se verdediging nie en dit het die fut uit die Engelse gehaal. Sielkundig het die Bokke die rondte gewen! Die Bokke was eenvoudig brutaal en het vreesloos onder die Engelse ingeklim.


Vir die eerste keer in die toernooi het die Bok-agterlyn soos kampioene gespeel en die Engelse onder groot druk geplaas. Die Bok-vleuels het albei agter die doellyn gaan kuier. Cheslin Kolbe gaan vir ewig by die wintie Engelse kaptein spook ou groenie. Die Bok-blits is verby Ferrol met ‘n meesterlike systap en druk een van die beste drieë van die toernooi.


Handré Pollard het getoon dat hy ook ‘n outjie is met BMT en teken 20 punte aan met die skoen. Hy is die voorste puntemaker in die toernooi met 69 punte. Faf de Klerk het nooit onder druk geswig nie en het gewys hy is wêreldklas.

Hy het by die game-plan gebly en was goud werd vir die Bokke.


Die Bokke het met trots hulle goue medaljes ontvang. Verder het die Bokke die toekenning as die ‘Span van 2019’ ontvang, Rassie Erasmus as die ‘Afrigter in 2019’ en Pieter-Steph du Toit is as ‘Wêreldspeler van die Jaar’ aangewys!


Well done Bokke, julle het die nasie trots gemaak!
Nag ou groene...

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0