/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
07 February 2020

Thabazimbi  - Laerskool Thabazimbi het Woensdag 22 Januarie interhuis atletiek gehou. Hul drie spanne - die Rooibokke, Duikers en Koedoes het sake op die pawiljoen asook die atletiekbaan uitgespook.  


Dit was uiteindelik die Rooibokke wat met die sangbeker weggestap het.  
Die Koedoes het as wenners uit die stryd getree met 300 punte, gevolg deur die Duikers in die tweede plek met 294 punte en die Rooibokke in die derde plek met 281 punte.


Ziyanda Ngubane en Chanique van Niekerk is aangewys as vanjaar se victor en victrix Ludorums.  
Waylon Swarts, HJ Koekemoer en Abigail Venter het vir opwinding gesorg toe hulle ‘n hele paar rekords laat spat het.


Waylon Swarts verbeter die volgende rekords:  

  • 150m seuns o/12 - 20,5 sekondes
  • 100m seuns o/12 - 13,1 sekondes
  • Verspring seuns o/12 -  4,62m

HJ Koekemoer verbeter die volgende rekords: 

  • 75m Hekkies seuns o/12 - 13,2 sekondes
  • 150m Hekkies S0/12 - 24,1 sekondes
  • HJ ewenaar ook die vorige verspring rekord vir seuns o/12.

Abigail Venter verbeter die verspring dogters o/11 rekord  met 3,52m. Laerskool Thabazimbi is baie trots op julle!

Die Rooibokspan was die wenners van die sangbeker.
‘n Jolige affêre vir die Koedoespan.
Die Duikerspan het gejubel en juig op die paviljoen.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0