/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Crime & Accidents News
31 July 2020

Koedoeskop – Senyaka Nyaka Security, met die hulp van gemeenskapslede Duard Breet en Corné Vos, het op Dinsdag 21 Julie drie onwettige jagters vasgetrek.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het Senyaka Nyaka Security, Koedoeskop operasionele bestuurder vir Boere Veiligheid, Bok Pretorius gesê: “Ons het ‘n goeie kamerasisteem op die Koedoeskoppad, maar op een deel van die pad is daar nog nie ‘n kamerasisteem in plek nie. As gevolg daarvan is dit die deel waar oortreders gewoonlik onwettig kom jag. Gisteraand agt uur het ‘n plaaswerker van Duard hom laat weet dat daar ‘n verdagte voertuig is wat in die area beweeg. Ons het die voertuig afgetrek met die hulp van ‘n patrollie voertuig.”

Volgens Bok het hul ses honde en twee skerpgemaakte draadpale, wat as steekspiese gebruik word, in die voertuig gevind. “Die honde word gebruik om die vlakvarke in die gate in te jaag, waarna die steekspiese gebruik word om die diere dood te maak. Die polisie is ontbied en die verdagtes word aangekla vir dieremishandeling omdat van die honde in die kattebak aangehou was, oortreding van COVID-19 regulasies en die besit van gevaarlike wapens,” aldus Bok.

Gelukkig was die jagpoging toe onsuksesvol.

Van die honde was in die kattebak van die voertuig aangetref.
‘Steekspiese’ is in die onwettige jagters se besit gevind.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0