/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Sport & School News
31 July 2020

Crusaders vs Hurricanes

Rekords word opgestel om gebreek te word! Die Saders se rekord van 36 agtereenvolgende tuis oorwinnings in die laaste vier jaar... is nou geskiedenis.

Die Hurricanes wen hierdie riller teen die Crusaders 34-32 en hou die reeks lewendig. Skitter ruggas is op die dag gespeel en die Kiwi's toon maar net weereens dat hulle die pas aangee in wêreld ruggas. Die Saders is na vyf games op 19 punte met die Blues na ses games op 17 punte – en die Canes is dan in die derde plek met 16 punte ook na vyf games.

Die Crusaders speel volgende teen die Chiefs in Waikato met die Canes wat ‘n loslootjie geniet.

Blues vs Chiefs

Die Blues wen naelskraap teen die Chiefs 21-17 en Warren Gatland spog nou met vyf neerlae in hierdie reeks. Bitter bier ou grote, baie bitter. Beauden Barrett het vir die eerste keer die seisoen vir die Blues op 10 uitgedraf en getoon dat hy een van die beste losskakels op die planeet aarde is.

Die Chiefs sal volgende week in Waikato met ‘n helse poging vorendag moet kom om die gekweste Crusaders die stryd aan te sê en die Blues gaan teen die Highlanders uitdraf.

Western Force vs Brumbies

Die Force word beloon met ‘n nulletjie vir hulle vertoning teen die Brumbies. Die lang afwesigheid van die Force uit groot ruggas uit kan duidelik gesien word. Die Brumbies wen 24-0 en is dan ook nog onoorwonne.

Die Brumbies se volgende game is teen die Reds en die Force moet teen die Rebels uitdraf.

Waratahs vs Rebels

Die Rebels behaal ‘n welverdiende, maar tog verrassende oorwinning oor die Tahs en wen gemaklik 29-10. Wallaby ruggas is tans nie op standaard nie en hulle kan hul sterre dank dat hulle nie nou teen die Kiwi spanne moet speel nie.

Die Tahs het ‘n loslootjie volgende met die Rebels wat teen die Force gaan uitdraf.

Good night mate...

Nag ou grote...

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0