/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
23 June 2021

Thabazimbi – ‘n Tragedie het Saterdagmiddag 12 Junie op Kromdraai afgespeel, toe Piet Prinsloo (71) van Plot 301 se hele huisie met al sy besittings afgebrand het.

Die bure was nie tuis nie en Piet het sy selfoon en ander besitting probeer red deur water te gooi, maar tevergeefs. Hy het daarna van Plot 301 na Plot 333 gestap vir hulp.


Kromdraai Gemeenskapsforum voorsitter Charmaine Smit is gekontak om te help met sy brandwonde. Piet het tweedegraadse brandwonde opgedoen in sy gesig en aan sy kop. Gelukkig het Charmaine die nodige kennis gehad om hom te kon help.

Piet was buite besig om hout te kap agter die huis. Toe hy omkyk, was dit net vlamme! Die klere aan sy lyf is letterlik sy enigste besittings. Die skade aan die huis maak dat hy nie sal kan terugkeer nie. Hy is tans opsoek na ‘n wendyhuis om as tuiste aan te skaf sodat hy weer ‘n dak oor sy kop kan hê.  


Enige donasie kan by Numzaan Venison winkel, Obaro Thaba, of by Oppi Plaas Pub & Grill op Koedoeskop afgegee word. 


Charmaine Smit kan gekontak word vir enige inligting by 079 757 5992.

Verwoesting gesaai! 
Op in vlamme.

 

Kromdraai Gemeenskapsforum voorsitter Charmaine Smit sien om na Piet Prinsloo se wonde.

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0