/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
‘n Eeu van Afrikaans: Ysterberg Voortrekkers vier fees!
Thabazimbi – Op Woensdag, 23 April 2025 het die Ysterberg Voortrekkers feesgevier vir ’n baie spesiale rede: Afrikaans vier op 8 Mei vanjaar sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal van Suid-Afrika! Om die mylpaal te vier, het die Voortrekkers ‘n prettige middag vol kultuur en taalaktiwiteite gehad. ’n Opwindende spelleton het die deelnemers se Afrikaanskennis behoorlik laat flits, en die dag is afgesluit met vrolike saamkuier en smaaklike kolwyntjies.
“Ons is beslis van die 44 wat Afrikaans kan praat!” het ’n lid glimlaggend gesê!
Foto: Die Ysterberg Voortrekkers het heerlik saamgekuier met kolwyntjies en spelpret ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar.
© 2025 - All Rights with Platinum Bushvelder