/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
27 July 2018

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 12 Julie vergader. 


Riana Oosthuizen het ‘n werkswinkel aangebied oor hoe om blare te preserveer. Die ratio wat gebruik word is een gliserien vir elke twee mates water, en dan word die blare vir ‘n week geweek daarin.

Daarnaas kan jy die blare droog druk... en siedaar! Jy het dan pragtige gepreserveerde blare.
Celia Goosen en Hannetjie du Plessis het daarna die groep vrouens se tee-skons beoordeel, waarna almal lekker gesmul het aan die poedings om te besluit wat aangebied sal word tydens die 2019 konferensie. 


Om deel te wees van VLU Northam of enige inligting, skakel Chantell Steynberg by 016-326 2724.

Desré Janse van Vuuren en Angela Potgieter proe te heerlik aan die poeding.
Blare wat in gliserien en water gepreserveer word.

 

Celia Goosen, beoordelaar sameroepster en Hannetjie du Plessis besig om die tee-skons te beoordeel.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0