Frikkie-gees begin lank voor die eerste noot

Hoërskool Frikkie Meyer se dirigente vir 2027 sal by die Bosveld Interhoër die paviljoen se sang lei.
Platinum Bushvelder koerant | Thabazimbi – Wanneer die eerste noot by die Bosveld Interhoër 2027 oor die paviljoen klink, sal Hoërskool Frikkie Meyer se dirigente reeds ure se oefening agter die rug hê. Die span is al hard aan die werk om die Frikkies se opkoms en paviljoensang af te rond.
Die mikpunt is die beker, en elke oefening tel. Volgens die skool bring elke klein verbetering die span ’n tree nader aan dié doel. Die Frikkies is reeds trots op die passie en deursettingsvermoë waarmee hul dirigente die rooi, die wit en die blou se gees wil laat hoor.
