/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Headline News
17 May 2019

Thabazimbi – Thabazimbi se dorpstatus het eers gevolg na meer as ‘n jaar se briewewisseling en onderhandelinge met die kantoor van die administrateur.

Die administrateur het uiteindelik laat weet dat Thabazimbi by die buite-stedelike gebiede ingelyf sal word en JF Lotter is as gesondheidsinspekteur vir die raad aangestel.  


Op 15 Junie 1949 was ‘n voorgestelde dorpsplan deur Yskor goedgekeur, maar dit was nie so maklik om Thabazimbi as ‘n dorp te proklameer soos wat almal gedink het nie... JEK Tucker en die sekretaris EDB Rush was deur die Yskorraad die taak afgelê. 


Die nuwe dorpsraad het 19 Oktober 1949 ‘n inspeksiegroep van stapel gestuur en die volgende agt besware is weer gelig:

 

  • Die strate het nie almal name gehad nie.
  • Publieke toegang- en deurpad van die westelike tot oostelike grens was vereis.
  • Jourdanstraat, wat tóé nog die hoofpad was, het te naby aan die myn verbygeloop.
  • Die naam Thabazimbi was verwarrend en sou met Yskor vervang moes word... 
  • Veranderinge met die opmeet van erwe moes gedoen word.
  • Water- en elektrisiteit situasies was nie te wense nie.
  • Sanitêre dienste het aandag vereis.
  • ‘n Terrein vir ‘n begraafplaas moes voorsien word en ‘n stortingsterrein moes aan die plaaslike bestuur gegee word.
  • Die dorp moes vrygestel word van ‘n uitspanningservituut. 

In die middel van 1950 was al die strate benaam en genommer en in Februarie 1952 het Cracie en Cracie Landmeters van Rustenburg begin met die toegangspad, wat vandag as Van der Bijlstraat bekend staan.


Vroeg in 1953, byna vier jaar na die projek geloods is, het die groot dag aangebreek. Motoreienaars het die registrasie “TI” of “RTB”, wat Rustenburg se registrasie was, afgehaal en met “TBZ” vervang. Thabazimbi was uiteindelik - ‘n volwaardige dorp!


Dit is vir Platinum Bushvelder ‘n voorreg om die geskiedenis, leed en wese van Thabazimbi oor die jare heen te deel met ons lesers. Ons hoofbron kom van die boek: Thabazimbi Ysterertsmyn (1931-2006) geskryf deur Anette Barnard, en word aangevul met onderhoude en foto’s.

Die eerste ingang van Thabazimbi is nou net ‘n verlate grondpad.
JEK Tucker was deel van die Yskorraad, en ‘n bydrae gemaak om Thabazimbi as ‘n dorp te verklaar.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0