/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Social & Community News
21 June 2019

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) in samewerking met Paarl Gimnasium, het op Saterdag 6 Junie ‘n skittergeleentheid van stapel gestuur – ‘n sierlike wynveiling.


Die Bosveld en Boland samehorigheid was ‘n elegante geleentheid ten bate van beide streke en hul gemeenskappe. 


‘n Spesiale dankie aan KVW, hul hoofborg en al die ander borge wat ‘n bydrae gelewer het om die aand ‘n sukses te maak. Die verhouding tussen die twee skole is spesiaal en HFM wil graag hul groot waardering vir almal se ondersteuning beklemtoom.

Dankie aan die gemeenskap wat hul harte oopgemaak vir die skool. Daar was sowat 200 gaste wat die aangeleentheid bygewoon het.

In ‘n onderhoud met Platinum Bushvelder het HFM se openbare betrekkinge verteenwoordiger Ninette de Aguiar gesê:

“Ten spyte van die huidige stand van die ekonomie, het die gemeenskap steeds by mekaar gestaan om ‘n groot sukses van die aand te maak.

Die doel van die geleentheid was meer as wat die oog kon sien – ons wou die gemeenskap ‘n omgewing bied om rustig te gesels, mekaar te leer ken en net lekker saam te kuier.”

Voormalige Springbok speler Toks van der Linde het die glansgeleentheid bygewoon! 
Van links: Ellen en Jorrie Jordaan van Pick n Pay – een van die borge.
Die saal was deftig uitgevat. 
Die organiseerders van die veiling.


 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0