Articles
Social & Community News
30 August 2019

Nylstroom – Die Heritage Protection Group (HPG), ‘n nie-winsgewende organisasie, ter beskerming van wildslewe, hou ‘n fondsinsameling. 


Die parate manne en manninne is gewillig om hul waardevolle tyd op te offer en soms ook hul lewens op die spel plaas om ‘n ander te red.


Die ‘Nyliefees’ vind plaas van 13 tot 15 September by die Hoërskool Nylstroom se gronde. Maak nou al ‘n merk op die kalender. 


Die geleentheid word aangebied ter fondsinsameling in die vorm van ‘n reuse veiling. Alle inkomstes sal ten bate van HPG aangewend word. 


Hulle benodig donasie lotte vir die veiling: jagpakkette, wildskarkasse of selfs ‘n naweek wegbreek of ‘n kort vakansie. 


Die Nyliefees word aangebied deur Farmlife24. Vir meer informasie, kontak kolonel Sakkie Louwrens by 071 798 7954, Ilze Knoetze by 083 307 2684, Japie Swart by 083 232 5685 of Carl Vos by 082 467 1807. 

Share this article with a friend...