Articles
Sport & School News
30 August 2019

Griekwas vs Leeus
In Kimberley slaag die Johannesburgers daarin om die Poubloues in ‘n spannende game 27-26 te klop ou grote.

Met hierdie oorwinning eindig die Leeus nou tweede op die log en kom ironies genoeg nou weer teen die Griekwas in Johannesburg te staan in die eerste semi-finaal. Die game skop Saterdag 31 Augustus af om 14:00 op Ellispark.


Vrystaat vs WP
In ‘n naelkou rugga game kry die Vrystaters dit reg om ‘n groot agterstand uit te wis en klop die Kapenaars 38-33. Beide spanne het met hardloop-rugby vir baie opwinding gesorg. Die Blikore het durf gewys nadat hulle teen rustyd 12-26 agter was.

Dit is dan vir die eerste keer in twee dekades dat WP nie die semi-finaal haal nie. Die Vrystaters draf Saterdag teen die Haaie in Bloem uit in die tweede half-eindstryd.


Blou Bulle vs Haaie
Die Haaie klop die Bulle 48-40 in Pretoria en dring sodoende deur na ‘n semi-finaal in Bloemfontein waar hulle teen die Vrystaat Cheetahs gaan uitdraf.

Die Haaie sal hulle verdediging moet opskerp teen die Cheetahs. Die Blou Bulle sal 2019 so gou moontlik wil vergeet en 2020 met nuwe hoop aanpak.


Nag ou grote…

Share this article with a friend...