Articles
Sport & School News
30 August 2019

Thabazimbi - Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Vrydag 23 Augustus hul hekke oopgemaak vir graad sewe leerders om die skool te kom verken.


Voornemende leerders het elkeen ‘n koevert ontvang met HFM inligting. 
Die 2020 studenteraad (SR) het ‘n aksie aangebied en HFM se geluksbringer, ysterman Freaky Cheaky het saam met die voornemende leerders gesokkie.


Daarna het hulle in groepe na akademiese-, sport- en kultuurstasies beweeg. 
Ouers het ook ‘n geleentheid gekry om vrae te vra, dit was ‘n groot sukses. 


HFM skoolhoof meneer Collin Campbell het afgesluit met die gedagte dat HFM ‘n topskool in Limpopo is en dat akademie die belangrikste bly.


HFM het nog belangrike datums op die kalender, hou gerus die HFM Facebook-blad dop.  

Graad sewe leerders besoek die biologieklas.

 

HFM se SR het die graad sewe leerders verwelkom.

    

Share this article with a friend...