Articles
Sport & School News
06 September 2019

Lions vs Griekwas
Op Ellispark behaal die Johannesburgers ‘n welverdiende oorwinning, 32-19, oor die manne van Kimberley en dring sodoende deur na die 2019 Curriebeker finaal. 


Nou is dit hulle tyd om teen die Cheetahs in Bloemfontein te gaan uitdraf. Wat ‘n katgeveg gaan hierdie game nie wees nie! Net onlangs het die Leeus die Cheetahs naelskraap geklop, maar die eindstryd gaan ‘n perd van ‘n ander kleur wees ou maat. 


Die Leeus se voorspelers was die grondslag vir hulle oorwinning en dan het die opwindende nuwe jong agterlyn gewys hulle word nie deur groot name afgeskrik nie.


Vrystaat Cheetahs vs Haaie
In Bloemfontein kry die Haaie ‘n rugga les en verloor 51-30 ou grote. Die Vrystaters was na rustyd verwoestend en teken veertig punte aan. 


Met hierdie puik oorwinning van hoogstaande ruggas dring hulle ook dan deur om in die finaal teen die Leeus in Bloem uit te draf. Die gewese Bok-skrummie, Ruan Pienaar, was die generaal in die Cheetahs se aanslae en het bewys dat geld nie ervaring kan koop nie. Pienaar het geskitter en is ‘n reuse aanwins vir die Cheetahs en veral vir die Pro-14 reeks wat vir hulle wag.


Die Vrystaters het gewys dat hulle fiksheid op die hoogste standaard is en dat hulle vir 80 minute hardloop ruggas kan jol. Die Leeus is ‘n waardige teenstander maar die Blikore gaan hierdie een vat ou grote.


Nag ou grote...

Share this article with a friend...