/home/f3782876/public_html/includes/header-articles.php on line 128
">
Articles
Crime & Accidents News
02 November 2018

Northam – Op Sondag 28 Oktober is Willem en Lena Swanepoel se lewens verander, nadat hul huis op plot 37 Wildebeeslaagte buite Northam, in puin gelê is deur ‘n verswelgende brand. 


Nadat Willem se hond onophoudelik geblaf het, het hy wakker geword en besef sy huis is aan die brand. Hy het net betyds daarin geslaag om die huis te verlaat voordat die vuur die dak bereik het, waarna die brand soos blits versprei het. Lena was genadiglik nie tuis nie.

Deidré Swanepoel, ma van Willem en Lena Swanepoel, het in ‘n onderhoud aan Platinum Bushvelder gesê: “Ons is uiters dankbaar dat die hond hom betyds gewaarsku het en dat hy nie beseer is nie. Die storie kon baie erger geëindig het.”


Willem en Lena het nie versekering op die huis nie en gevolglik is hul lewe in skerwe gelaat nadat hulle al hul besittings verloor het.

Dit wat oor is van Willem en Lena Swanepoel se huis.
Verwoestende vlamme.

 

Share this article with a friend...


Deprecated: Directive 'allow_url_include' is deprecated in Unknown on line 0