Neos presteer in skyfskiet kompetisie

Thabazimbi – Twee leerders van Neos Christian School het op Vrydag en Saterdag 21 en 22 Julie aan ‘n groot luggeweer skyfskietkompetisie deelgeneem, naamlik die Noord Gauteng Ope. Uit 50 o/14 sporter skuts, het Botha du Plessis (13 jaar) goud verower in al die verskeie kategorieë en Janssen du Plessis het algeheel 13de geëindig – ‘n merkwaardige prestasie aangesien hy nog maar 11 jaar oud is.
In die Limpopo luggeweer liga gehou te Pietersburg (PHS) op Saterdag 29 Julie, het Botha du Plessis in al die verskeie afdelings goud verower vir sporter o/14, en jonger broer Janssen du Plessis het ook in alle 0/14 afdelings brons verower.
