Hardekool naweek by Laerskool Thabazimbi

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi het die Hardekool sportnaweek aangebied op Saterdag 9 Maart. Laerskool Die Arend van Brakpan, Laerskool Proteapark van Rustenburg en Laerskool Thabazimbi het tydens die geleentheid teen mekaar meegeding.
Dit was ‘n gesellige, vriendskaplike byeenkoms en word jaarliks deur Laerskool Thabazimbi aangebied.
Die Laerskool Thabazimbi netbalspanne wat uitgeblink het was die o/10A, o/11A en o/11B spanne. Die rugbyspanne het ook puik presteer en die eerste span wen albei hulle wedstryde.
Laerskool Thabazimbi se tweede rugbyspan wen een wedstryd en speel gelykop in hulle tweede wedstryd. Die 0/10 en 0/11 rugbyspanne wen ook albei hulle wedstryde.
