Schools & sport

A Lo Ha Keiki besoek die poskantoor en polisiestasie

22 March 2019 · Platinum Bushvelder

A Lo Ha Keiki

besoek die poskantoor en polisiestasie

Thabazimbi – Die kleuters van A Lo Ha Keiki kleuterskool het ‘n interessante uitstappie gehad op 5 Maart.


Hulle eerste stop was die poskantoor – ‘n baie opvoedkundige toer om te leer waarheen en hoe al die briefies werk.

Volgende op hulle agenda vir dag was die Thabazimbi Polisiestasie. Die manne in blou het die jongklomp geleer oor veiligheid... Hulle was behoorlik beïndruk met die ‘groot gewere’. 


Baie dankie aan takbestuurder van Thabazimbi Poskantoor Barend Schlebush; en adjudant Jaco Havenga, sersant Moshira Modise, kolonel Phillemon Bodibe en kaptein Abel Thapela vir hulle bydrae tot die toer om die jongklomp te leer.

A Lo Ha Keiki by die poskantoor.
Minante de Bruyn by die polisiestasie.