Community

VLU Northam  hou konferensie

22 March 2019 · Platinum Bushvelder

VLU Northam 
hou konferensie

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam- en Strewe-takke het ‘n fantastiese konferensie gehou op Woensdag 13 Maart by die Trollope Saal.


Wat ‘n vrolike oggend met Ian Wessels van Radio Sonder Grense (RSG) as gasspreker en ‘n saal wat pragtig versier was deur die gasvrouens. 


Daar is ook verskeie pryse uitgedeel tydens die geleentheid waaronder Erica Lee van die Strewe tak die prys ontvang het vir die hoogste punte vir haar houtskool tekening van wilde diere.

Van links: Sunette Pretorius, Marieta Eckard en Erika Lee.