Churches & NGOs

Dis amper tyd vir die Koedoefees

29 March 2019 · Platinum Bushvelder

Dis amper tyd vir die Koedoefees

Thabazimbi – Die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk Koedoeskop gemeente hou op Saterdag 30 Maart hul jaarlikse Koedoefees.

Die geleentheid vind plaas op die NG Koedoeskop- en Laerskool Koedoeskopterrein en sal om 08:00 afskop.


Na die sukses van verlede jaar se fees waar ongeveer ‘n duisend mense opgedaag het, beloof die jaar om nóg groter te wees. Die gemeenskap word uitgenooi om die dag saam te kom geniet.


Vir meer inligting kontak die NG Kerkkantoor op 014 785 0662 of dominee Marco Le Grange op 078 824 6966.