Ses uit ses!

Thabazimbi – Híérdie ses leerlinge van Laerskool Thabazimbi het naam gemaak toe hulle as oorwinnaars van die ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi by Hoërskool Frikkie Meyer wegstap op 8-9 September.
Laerskool Thabazimbi, Unita Laerskool, Laerskool Bosveld en Laerskool Koedoeskop het aan die toernooi deelgeneem.
Onder leiding van hul afrigter meneer Werner Breytenbach, het die atlete sowaar stof in die ander se oë geskop. Baie geluk ook aan HJ Janse van Rensburg, wat aangewys is as die kolwer van die dag.
