Visvang Kaskenades

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het op 23 Maart hul maandelikse kompetisie aangebied by Jood se dam, buite Thabazimbi.
Hierdie was ‘n dag-kompetisie waar ‘n totaal van 45 hengelaars aan die kompetisie deelgeneem het. Die graskarpe het almal verbaas en die volgende gewigte is ingeweeg:
GRASKARPE
- Annelize Viljoen - 9.87kg
- Jackie Botha - 10.30kg
- Jan Louw - 13.46kg
- Ewald Botha - 17.64kg
In 2012 het Ralph Kissack 50 graskarppe van ongeveer 10cm aan die klub geskenk. Hiérdie knewels is sowaar daai vingerlinge wat so gegroei het!
Die volgende wenners is bepaal deur die hengelaars wat die swaarste sakke ingeweeg het:
CUBS
- Eerste - Kyla Vorster
PENKOPPE
- Eerste - Ewald Botha
- Tweede - MJ Kloppers
- Derde - Nico Botha
DOGTERS
- Eerste - Wilmarie Kloppers
- Tweede - Marijuze Parau
- Derde - Jana Bezuidenhout
JUNIORS
- Eerste - Tiaan Swanepoel
- Tweede - Dylan Nortier
- Derde - Buks Viljoen
DAMES
- Eerste - Annelize Viljoen
- Tweede - Alida Nortier
- Derde - Mikyla Tullues
MEESTERS
- Eerste - Jan Louw
- Tweede - Jackie Botha
- Derde - Jan Botha
SENIORS
- Eerste - Nico Botha
- Tweede - Charles Murray
- Derde - Dries Raath
