VLU Zonneblom hou hul 1ste fondsinsameling vir 2019

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Saterdag 23 Maart hul eerste fondsinsamelingsprojek geloods vir 2019.
Die groep vrouens het heerlike eetgoed verkoop by die Northam Rhinos rugby wedstryd in Setaria.
Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Thereasa Tolmay, skakelbeampte by 072 544 5168.
