Schools & sport

HFM leer by die bestes

19 April 2019 · Platinum Bushvelder

HFM leer by die bestes

Thabazimbi – Van 27 tot 31 Maart het 32 netbaldogters van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) die voorreg gehad om deur Dorette Badenhorst, die Protea-afrigter en spelers van die Proteaspan, afgerig te word.


Die dogters het baie hard gewerk afgesien van blase op die voete en spierspasmas! Spesiale dankie aan al die afrigters wat met baie entoesiasme deel was van die kursus.

HFM spanwerk.
Van links: Leanie Smith, Adile Meintjies, Hentie Nel, Elmien Fouché, Marilette van Niekerk, Juanita Erasmus en Anmarie Boshoff.
O/14’s saam met Zandre Erasmus, Protea hulpdoel verdediger (HV) speler.