VAN PENSIE TOT MENSIE

Thabazimbi – Suster Maria Woest van Medhof Apteek se kliniek, en mammas van Thabazimbi, het op Woensdag 10 April by Café Meraki bymekaargekom vir die Pensie tot Mensie geselsie.
Suster Maria het die mammas toegespreek oor gesonde eetgewoontes en eetprogramme vir babas, peuters en kleuters.
Pensie tot Mensie is hoofsaaklik ‘n bymekaarkom sessie oor alles en wat nog meer wat moederskap aanbetref.
Hul het saam gelag, gehuil en gekuier en raad gedeel oor ‘n koppie koffie.
Die groep kom elke Donderdag van 12:00 tot 14:00 by Mari Engelbrecht Photography Studio bymekaar.
Vir meer inligting, WhatsApp 083 998 7374.
