Churches & NGOs

Meksikaanse ete  vir NG Kerk

19 April 2019 · Platinum Bushvelder

Meksikaanse ete 
vir NG Kerk

Thabazimbi – Die NG Kerk se Voetspoorfees skop af op Dinsdag 30 April, met ‘n  Meksikaanse tema-ete (driegang maaltyd), op die kerkterrein.


‘n Lang fiesta tafel, om al die gaste lekker sosiaal te laat verkeer, sal buite op die terrein gedek word. Die kleredrag is informeel, maar dit sal hope pret wees as feesgangers soos Meksikaners aantrek. Die ete begin om 18:00.


Dié wat skrik vir ‘n warm oftewel ‘brand ete’... sal nie die brandweer benodig nie, die Chili sous kan elkeen na sy eie smaak gebruik. Sagte Meksikaanse agtergrond musiek sal ieder en elk in die regte bui plaas om die aand te geniet, nuwe vriende te maak, of om lekker op te vang met diegene wat jy lanklaas gesien het.


Die kaartjies beloop R200 vir volwassenes, R150 vir seniors en R100 vir laerskoolkinders. Elke kaartjie sluit ‘n kombersie vir die bene of vir gebruik as ‘n poncho, in, plus ‘n foto wat daar geneem sal word en ook ‘n geskenkie vir elke gas.


Skakel gerus vir Alida by 066 287 1861 vir kaartjies. Die volgende dag op 1 Mei skop die Voetspoorfees om 10:00 af by die skougronde. Woensdag 1 Mei is ‘n publieke vakansiedag – kom geniet die dag saam, vele pret vir jonk en oud.