Community

VLU Northam kuier by Aandrus Kwekery

VLU Northam kuier by Aandrus Kwekery

Northam – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag, 14 September, by Aandrus Kwekery vergadering gehou. 

Daar is heelwat tydens hierdie vergadering bespreek, asook die byeenkoms van Sonja Heroldt op 21 Oktober te Ellisras. 

Die boom van die jaar, die Harigeblinkblaar wag-’n-bietjie boom is ook behandel. Dit is ‘n klein tot medium-grootte boom. Die bas is rooibruin of grofgevlekte grys. Die blare is eenvoudig, alternatief en breed ovaal asook blink groen bo, effens harig en ligter onder. Die blomme word in digte trosse gedra. Die vrug is ‘n gladde, blink, leeragtige, rooibruin of dieprooi wanneer dit ryp is, effens soet en die pulp is droog. Diere kan die bessies eet.

Om deel te wees of enige navrae, kontak gerus die skakelbeampte Chantell Steynberg by 061-326 2724.

Marietjie van der Merwe vertel meer oor die boom van die jaar (aan regterkant) en Madeleine Meintjes luister aandagtig.
Voor van links: Koekoes van der Westhuizen, Madelein Meintjes en Angela Potgieter. Agter van links: Mari Meintjes, Tersia Coetzee, Marietjie van der Merwe, Karin Swanepoel, Celia Goosen, Desrê Janse van Vuuren, Riana Oosthuizen by hul plante wat geskenk is deur Aandrus Kwekery.

More local news