Churches & NGOs

Paasnagmaal vir seniors

26 April 2019 · Platinum Bushvelder

Paasnagmaal vir seniors

Thabazimbi – Die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk het ‘n spesiale Paasnagmaal vir Tambotie Versorgingsoord, Huis Immergroen, Bosveld Oord en seniors ouer as 75 jaar op Woensdag 17 April aangebied. Die nagmaal het om 10:00 begin.


Omdat meeste Tambotie seniors bedlêend is, is hulle met nagmaal bedien voordat die res aangery is kerk toe. Na die nagmaal is die seniors met ‘n heerlike middagete bederf.


Die NG Kerk bied elke kwartaal vir die seniors ‘n ete aan; hierdie was die eerste gesellige kuier vir 2019.

Agter van links: Alet Vorster en Antoinette Brits. Voor van links: Marie Benadé en Dyrenré Lange. 
Van links: Tillie la Grange, Annamarie Terblanche, Driek van Heerden, Babie Liebenberg en Ria Stulting.
Van links: Magdaleen Smith, Daleen van der Westhuizen en Ansie Venter, Hannes Visagie, Dieta Bronkhorst en Frans