Community

Fliek aand by KunsteGrot

10 May 2019 · Platinum Bushvelder

Fliek aand by KunsteGrot

Thabazimbi – Skemerson sal op die KunsteGrot skerms te siene wees op Saterdag 18 Mei.


Die Afrikaanse drama is gebaseer op ‘n ware verhaal met ‘n treffende boodskap. ‘n Jong man besluit om sy eie lewe te neem maar ontmoet twee vreemdelinge op ‘n brug. Dit is ‘n ontmoeting wat al drie se lewens vir altyd verander.


Kaartjies beloop R50 per persoon en is gratis vir pensionarisse. Skakel Rita Volschenk by 083 744 8559 vir meer inligting.