Community

Huis Immergroen trek hul kruisies

10 May 2019 · Platinum Bushvelder

Huis Immergroen
trek hul kruisies

Thabazimbi – Inwoners van Huis Immergroen het op Dinsdag, 7 Mei 2019, die geleentheid gehad om te gaan stem.


In ons demokratiese land het elke burger die reg om te gaan stem. Vir dié wat nie in die lang rye kon staan op 8 Mei nie, was daar spesiaal voorsiening getref.

Elke inwoner het trots met hul identifikasie dokumente (ID) reggestaan om te gaan stem.

Marie Steenekamp tevrede met haar stem.