HFM skitter op die sportveld

Thabazimbi – Leerders van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het behoorlik die sportvelde oorgeneem op 27 April toe hul aan verskeie sportsoorte teen Hoërskool Piet Potgieter meegeding het.
HOKKIE
HFM se hokkiespanne het hul tweede liga wedstryde teen Hoërskool Piet Potgieter gespeel. Hul eerste span was die staatmakers vir die dag en hul wen met ‘n telling van 2-1.
RUGBY
Die rugby spanne van HFM het ook uitsonderlik presteer teen Hoërskool Piet Potgieter. Uit die agt wedstryde wat gespeel is, wen HFM ses.
NETBAL
Die HFM netbalspanne het skoonskip gemaak teen hulle opponente, Hoërskool Piet Potgieter. Te danke aan die afrigters wat sonder ophou positief afrig en planne maak om die beste uit elke span te kry, wen al die netbal spanne hul wedstryde.
