Community

Spitskop Special Needs School ondersteun hul viervoet maters

3 May 2019 · Platinum Bushvelder

Spitskop Special Needs School ondersteun hul viervoet maters

Thabazimbi – April was outisme-maand en 2 April outisme-dag. Om dit te vier, het leerders van Spitskop Special Needs School saamgespan om terug te gee en díe te help wat nie hulself kan help nie.


Verskeie hond- en katkos is deur die leerders ingesamel en op 4 April aan Thabazimbi Animal Rescue (TAR) oorhandig. Die kinders het die kuier by TAR vreeslik geniet en almal klein en groot het die kos help oplaai.


Spitskop Special Needs School wil ook graag almal wat bydraes gemaak het bedank. Baie dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het om hierdie broodnodige diens aan die gemeenskap te bied.


Vir meer inligting kontak Spitskop Special Needs School op 072 463 3657 of office@spitskopschool.co.za. 

Die leerders van Spitskop Special Needs School en hulle donasie.
Lekker baljaar!