Churches & NGOs

Groot pret by Voetspoorfees

3 May 2019 · Platinum Bushvelder

Groot pret by Voetspoorfees

Thabazimbi – Die Nederduitse Gereformeerde (NG) Kerk het op Woensdag 1 Mei hul jaarlikse Voetspoorfees gehou te Thabazimbi se skougronde.


Die propvol program het die hele familie besig gehou met items soos ‘n reuse veerpyltjie bord, muurklim, sumo-klere vir die stoeiers, ‘n meganiese bul, ‘n meganiese branderplank en ‘n dam vol trapbootjies.

Feesgangers het die stalletjies platgeloop en hulself knuppeldik geëet aan al die kos wat beskikbaar was. Die atmosfeer op die dag was perfek vir ‘n gesellige gemeenskapskuier. Baie dankie vir almal se ondersteuning! 

Taryn Stander sing ‘Yellow Polka Dot Bikini’.
Daniel Hugo speel met die hasies.