Community

Mej Thabazimbi finaliste aangewys

24 May 2019 · Platinum Bushvelder

Mej Thabazimbi finaliste aangewys

Thabazimbi – Die uitdunne vir Mej Thabazimbi op Vrydag 10 Mei was weereens ‘n glansgeleentheid! 
Dertig pragtige meisies het ingeskryf vir die kompetisie en hulle het omtrent uitgehaal en gewys.

Een van die deelnemers het selfs met ‘n besering, krikke en al geloop op die verhoog. Modelle van verskeie modelskole het aan die kompetisie deelgeneem maar slegs 20 finaliste kon deurdring na die volgende rondte. 


Die kroning van Mej Thabazimbi sal plaasvind op 26 Julie tydens die Thaba Skou. Die finaliste moet intussen liefdadigheidswerk doen en ondersteuning wek vir hul gemeenskapsprojekte.


Baie geluk aan Sermei Bornman, Rolleen du Plessis, Kayley Botha, Sune Meyer, Lize-Mari Judeel, Keneilwe Kapong, Ankebe Els en Lerato Moleki van Damasa modelskool.


Die modelle van Studio III, Yandiswa Lesenya, Chanté Petzer, Bianca van Niekerk, Rinize Liebetrau, Onosi Sai, Caelin van Tonder en Bontle Masoga het ook geskitter op die loopplank en is as finaliste aangewys.


Baie sterkte met julle liefdadigheidsprojekte en die finale kompetisie.

Van links: beoordelaar Mrs Africa Globe Clasique, Luarette Marais, en die organiseerder
van Mej Thabazimbi Ursela Roux.
Modelle van Damsa modelskool wat aan die kompetisie deelgeneem het.
Modelle van Studio III wat aan die kompetisie deelgeneem het.