Thaba Hengelklub gaan maak lyne nat by Northam Plats

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het hul maandelikse kompetisie by Northam Plats aangebied op Sondag 26 Mei.
Ondanks die reënbui wat Vrydag oor die gebied neergedaal het, was almal entoesiasties oor die kompetisie.
Hierdie was slegs ‘n dag-kompetisie gewees en die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die swaarste sakke vis gevang het. Die kompetisie het oor agt ure gestrek vanaf 06:00 tot 15:00. Die volgende kompetisie vind op 22 Junie plaas.
Baie geluk aan die volgende wenners:
CUBS
- Eerste plek - Joe Kloppers
PENKOPPE
- Eerste plek - MJ Kloppers
- Tweede plek - Ruben Venter
- Derde plek - Ewald Botha
DOGTERS
- Eerste plek - Marijuze Parau
- Tweede plek - Wilmarie Kloppers
JUNIORS
- Eerste plek - Tiaan Swanepoel
- Tweede plek - Tommy Swanepoel
- Derde plek - Dylan Nortier
DAMES
- Eerste plek - Annalize Viljoen
- Tweede plek - Janine Koekemoer
- Derde plek - Alida Nortier
MEESTERS
- Eerste plek - Johan Schoeman
- Tweede plek - Jan Louw
- Derde plek - James Lizamore
SENIORS
- Eerste plek - Charl Nel
- Tweede plek - Deon Bender
- Derde plek - Piet Bezuidenhout
