Medhof help bejaardes teen die koue

Thabazimbi – Medhof Apteek het op 31 Mei die winter bietjie warmer gemaak vir die inwoners van Huis Immergroen. Die inwoners is bederf met lekker warm komberse om die koue die loef af te steek.
Marie Steenekamp wil graag dankie sê vir die personeel van Medhof Apteek: “Die winter kan nou maar kom, want ons gaan heerlik snoesig wees!”
Danie van Niekerk, vorige eienaar van Medhof Apteek, sê hy’t een oggend wakker geword en besef die winter is hier. “Ek het sommer daardie selfde dag besluit om komberse te reël vir ons bejaardes.”
