Schools & sport

3-D Boogkompetisie

18 August 2017 · Platinum Bushvelder

3-D Boogkompetisie

Thabazimbi – Thabazimbi is bekend vir sy uitsonderlike wildslewe, maar die Thabazimbi Boogklub is egter berug vir die uitsonderlike 3-D diere kompetisies wat hulle aanbied met 22 groot en klein teikens.

Hierdie jaar is die baan in en om die berg gebou op die Koos Cronje skietbaan. Kom deel saam in die ‘jag’ terwyl jou diereteikens lewensgroot op verskeie afstande staan.

Tydens die 3- D kompetisie kan jy  in 2 kategorieë deelneem: met of sonder ‘n elektroniese afstandsmeter (rangefinder).

Gert Snyman, baan offisier, met die T-Rex by ‘n vorige ABO kompetisie. Watter verassings wag 26 en 27 Augustus in die bos?

Sonder die afstandsmeter skat die skut dan die afstand na die teiken terwyl dié wat nie wil skat nie, dit sekuur kan meet. As jou oog in is en jy tref die dier in die hart, behaal jy ‘n maksimum van 10  punte, vir ‘n  longskoot kry jy 8 punte en vir ‘n lyfskoot (kwes) 5 punte. Horings of voetstukke van die teiken, en ‘n mis, tel 0 punte.

Kom deel in die opwinding van  ons 22- teiken 3-D  baan. Dit is ‘n groot geleentheid vir menige jagters en 3D-skuts. Kom bekruip die hiëna, die krokodil of die blouwildebees. Thaba Lesodi borg ook  ‘n jagtog (rooibok, blouwildebees en vlakvark) as prys.

Bo: Tellings van die hart (10), longe (10), en kwes (5). Jy skiet 22 butts en kan ‘n maksimum van 440 punte behaal met 2 pyle per teiken

Inskrywings geskied te http://sanaa.org.za/ifaa  of  by Thaba Boog en Hengel. Kostes vir volwassene en juniors beloop R280 vir 2 dae en skuts (cubs) o/13 beloop R230. R30 afslag word gegee vir inskrywings wat voor 18 Augustus 2017 geskied. Nie-Sanaa lede moet R50 ekstra betaal.

Die kompetisie begin om 08h15 op Saterdag 26 en Sondag 27 Augustus. Toeskouers is welkom en verversings is heeldag beskikbaar!