Northam Rhino kickboxing klub skitter

Northam – Die Northam Rhino Kickboxing Klub het uitstekend gevaar by die kickboxing toernooi op Saterdag 8 Junie te Pretoria.
Van die agt klublede wat deelgeneem het, is daar nege goud, een silwer en verskeie brons medaljes verower.
Baie geluk aan die volgende deelnemers:
- Sensei Thereasa Tolmay - 2 goud
- Anelia Bronkhorst - goud
- JD Tolmay - goud
- Ushidoshi Annelie Burger - 2 goud
- Wyat Vosloo - goud en brons
- Deon Munnik - silwer
- Zane Vosloo - goud en brons
- Lourens Tolmay - goud
Sensei Thereasa Tolmay neem ook einde Julie aan die World Kickboxing Organisation (WKO) kampioenskappe deel te Engeland. Sterkte!
