2019 CURRIEBEKER

Haaie vs Griekwas
Sommer met die afskop in vanjaar se kompetisie val die 2018 kampioenspan vas in Durban ou grote. Die diamantboere van Kimberley lewer ‘n yslike opskudding en klop die Durbaniete 37-13.
Die Griekwas wat nou onder die sweep van coach Brent Janse van Rensburg dans, het kookwater ruggas gejol en die hoogaangeskrewe neus-in-die-lug Haaie ‘n lekker pakslae gegee.
Die Griekwas speel volgende in Kimberley teen die Pumas op 19 Julie om 17:00. Die Haaie speel Saterdag in Durban teen die WP.
Leeus vs Pumas
Op Ellispark moes die Johannesburgers tot in die laaste minuut wag om die wenpunte aan te teken omt 38-37 die knop deur te haak. Die losskakel Shaun Reynolds het dié wendrie vir die Leeus gedruk en moes die doelskop óók nog vervyf om die wen te beklink.
Die Pumas speel volgende teen die Griekwas in Kimberley met die Leeus wat ‘n af-naweek verdien.
WP vs Bulle
In die Kaap was die Westelike Provinsie op die dag net eenvoudig beter as die Noord Transvalers ou grote. In die skrums het die WP voorry die Bulle behoorlik laat bulk. Agterlangs het die Bulle te veel balbesit weggeskop.
Die Bulle speel volgende teen Vrystaat op Loftus met WP wat Durban toe moet reis om teen die Haaie te gaan uitdraf.
Nag ou grote...
So terloops ou groene, Suid Afrika speel Saterdag om 17:05 teen Australië op Ellispark. Nieu-Seeland reis Buenos Aires toe om teen Argentinië uit te draf om 20:15.
** Dan wil die Platinum Sport Redaksie ook eer betoon aan James Small. Rus in vrede yster. Small sal veral onthou word vir sy guts in die 1995 Wêreld Beker Eindstryd toe hy swaarde gekruis het met die ontslape Jonah Lomu.
