Schools & sport

Frikkies hokkie by Noordvaal

10 August 2017 · Platinum Bushvelder

Frikkies hokkie by Noordvaal

Thabazimbi – Op Woensdag, 3 Augustus, het drie Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) hokkiespanne vertrek om deel te neem aan die onderskeie Noordvaal toernooie.

Die toernooie bestaan uit 16 spanne van verskillende provinsies wat opgedeel word in 4 poele - die wenners dring dan deur na die finale. Die twee wedstryde per dag word slegs op astro gespeel.

Die o/14 span se toernooi het by Curro Nelpruit plaasgevind. Hierdie dogters het baie goeie hokkie gespeel, maar ongelukkig nie gekwalifiseer om in die kwart-finaal te speel nie.

Die eerste span het by Noordheuwel te Krugersdorp gespeel. Die Frikkies eindig tweede in hul poel en moes in die kwart-finaal teen Ben Vorster speel wat hul poel gewen het. Toe die eindfluitjie blaas was die telling 3 elk en moes na die 8 sekondes oorgaan om ‘n wenner te bepaal. Na die eerste rondte was die telling steeds 3 elk en die wedstryd moes oorgaan na sudden death, waar die Frikkies toe 0-1 verloor het.

Die o/16 span het hul toernooi by Hs Monument gespeel te Krugersdorp. Dié span eindig eerste in die poel en speel in die kwart-finaal teen Curro Hazeldean en wen 3-0. In die semi-finaal speel hulle teen Volksrust 1-1, in 8 sekondes 2-2 en verloor in sudden death 0-1.

Hierna speel die o/16s vir 3de en 4de plek teen Dr Malan en verloor 2-3. Hulle eindig dus vierde in Noordvaal. Hulle is die enigste span wat reeds vir drie jaar onder die top 4 eindig.

HFM is baie trots op hierdie spanne en wil graag almal bedank wat hulle gedurende die seisoen ondersteun het.