Community

HOE GEMAAK MET REUSE MUNISIPALITEIT REKENING? [Skrywe aan die redakteur]

26 July 2019 · Platinum Bushvelder

HOE GEMAAK MET REUSE MUNISIPALITEIT REKENING?
[Skrywe aan die redakteur]

Thabazimbi – Ek wil graag weet waar kry die Thabazimbi munisipaliteit die lesing vir die astronomiese bedrae wat op ons water- en elektrisiteitrekeninge verskyn. 


Die bedrae moet beslis geskat word want hoe ‘n plaaslike begrafnis onderneming skielik ‘n rekening van R375,000 kan kry – gaan my verstand te bowe! Ons rekeninge is gewoonlik in die omgewing van R4,000 en nou dié!


Ons sukkel al twee maande om die rekening uit te sorteer maar het nou ‘n aanmaning ontvang wat sê dat hulle ons dienste gaan afsny. Dit is ‘n lykshuis en daar is ‘n gesondheidsrisiko hieraan verbonde! 


Mense van Thabazimbi sit met hulle hande in hul hare en niemand doen iets daaraan nie. Hier is nooit water in die dorp nie maar hulle stuur R300,000 en R500,000 rekeninge uit? Hoe kan dit wees?
Êrens sal mens iets moet begin doen!


Bekommerde besigheidspersoon