Baie dankie I-Cars [Skrywe aan die redakteur]
![Baie dankie I-Cars
[Skrywe aan die redakteur]](/img/articles/HOE-GEMAAK-MET-REUSE-MUNISIPALITEIT-REKENING.png)
Thabazimbi – Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die I-Cars Thabazimbi-span te bedank.
Ek was gestrand langs die pad en het I-Cars Thabazimbi gekontak. Hulle was binne minute by my en het sommer daar en dan my battery getoets en vir my ‘n nuwe een ingesit.
Welgedaan manne! Julle vriendelike, uitstekende diens en behulpsaamheid is bo-baas!
Ralie en Leon
