VAN TOEKA TOT NOU Thaba Superspar – al generasies lank in die kontrei Istores (Edms) Bpk (Reg No: 1942/015604/07)

Thabazimbi – In 1942 stig Yskor die maatskappy, Iscor Utility Stores (Edms) Bpk, hoofsaaklik om as winkel vir die inwoners van Thabazimbi te dien.
Van meet af is daar na die maatskappy verwys as ‘Istores’ wat dan ook tot die naamsverandering aanleiding gegee het.
Die eerste bestuurder was Molly Jourdan. Sy het eers uit haar motorhuis ‘n winkel bedryf, wat later deur Istores oorgeneem is – en mense het van regoor die kontrei hul inkopies in hierdie winkel kom doen.
Istores het in 1986 by die Spar groep aangesluit.
Tien jaar later in 1996 verkoop Yskor die maatskappy aan Wiehahn Coetzee en sy span.
Thabazimbi KwikSpar word geskuif vanaf Jourdanstraat na ‘n nuwe gebou in Van Der Bijlstraat en word Thaba Spar in 1997.
Terloops, Jourdanstraat is vernoem na Molly se man Charlie J Jourdan, myn superintendent vanaf 1933 tot 1947.
In 2002 neem Hannes Coetzee, Wiehahn se seun, oor as bestuurder en mede-eienaar. Thaba Spar word in 2009 groter gemaak en staan nou bekend as Thaba Superspar.
Dit is vir Platinum Bushvelder ‘n voorreg om die geskiedenis, leed en wese van Thabazimbi, Northam en nabye areas oor die jare heen te deel met ons lesers, getitel: van toeka tot nou.
