Community

Thabazimbi Landbouskou stalletjie wenners

2 August 2019 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi Landbouskou stalletjie wenners

Thabazimbi – Uitstallers het van heinde en verre saamgetrek by die Thabazimbi Landouskou van 25-27 Julie om hul produkte en dienste uit te stal. 


Elke stalletjie was so uniek en besonders, dat dit ‘n baie moeilike taak was vir die beoordelaars om wenners aan te wys. By elke stalletjie het die beoordelaars eers kennis gemaak met die eienaars en ‘n lekker geselsie aangeknoop. 


Baie geluk aan al die welverdiende wenners:

 

  • Tuisnywerheid - Bea’s Tuisnywerheid
  • Vermaak – Airsoft Adventures
  • Verversings – Fish n More
  • Hand vervaardigde items – Jewellery4me
  • Kuns en kultuur – Piggies
  • Ligte vervoer – Mahindra Thabazimbi
  • Swaar vervoer – Isuzu
  • Industrieel en nywerheid – Mac’s Equipment/FBC
  • Landbou – Northmec
Van links: beoordelaar Lorraine Roux saam met Jewelry4me se Bernelee Janse van Rensburg, Corné Pretorius, Germi Pretorius en mede-beoordelaar Carol Van Heerden.