VLU Northam vier Vrouemaand

Northam - Die Vroue Landbou Unie (VLU) Northam-tak het op Donderdag 1 Augustus bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering.
Die hoogtepunt van die vergadering was Ria Strydom, die streekvoorsitter, se besoek. Ria het lede herinner om die VLU te koester en te geniet.
Die lede het elk geleer hoe om self ‘n krale armband te maak en daar is die heerlikste Turkse lekkers beoordeel.
Om deel te wees van VLU Northam of vir enige inligting kontak gerus Chantell Steynberg by 061 326 2724.
