Community

Plak ‘n pleister

23 August 2019 · Platinum Bushvelder

Plak ‘n pleister

Thabazimbi - Suster Maria Woest van Medhof Apteek het op Donderdag 15 Augustus die Voortrekkers meer geleer oor die basiese beginsels van noodhulp. 


Tydens die uitstappie het die penkop, Jacques-Louis Viljoen en drawwertjie, Jessica Albertyn van die Voortrekkers praktiese ervaring opgedoen en geleer hoe om snywonde te behandel en ‘n pleister korrek en stewig op te plak. 


Die Voortrekkers is ‘n Afrikaner jeugorganisasie wat in 1931 in Suid-Afrika gestig is met die doel om kinders meer te leer van Afrikanerskap, burgerskap en Christenskap.


Indien jy wil deel wees van die Voortrekkers, kontak kommandoleier Danie Naude op 082 738 6737 vir meer inligting.

Van links agter: Lounelle du Plessis en Ronelle du Plessis. Voor van links: Jacques-Louis Viljoen, Suster Maria Woest en Jessica Albertyn.
Jacques-Louis Viljoen wys wat hy geleer het.